Sport Mind Mini – Primary School

8 Desember - Laerskool Paarl Gimnasium - KlubhuisRaise Performance with wording 8 Dec 2016 - 350

Het jy al daaraan gedink dat jou prestasie is die resultaat van jou gedagtes? Dit is reg ja. Alles begin met 'n gedagte en jou gedagtes is werklike baie kragtig.

Meeste atlete het wel ‘n afrigter wat hulle help met fiksheid, fisiese eofeninge en vaardigheidstegniek om te presteer. Die doel van hierdie werkswinkel is om die atlteet, afrigter en ouer te help om spesifiek te fokus op emosionele sterkte en denke rondom sport.

Die”Sport Mind Mini” werkswinkels bied praktiese wenke rondom hoe jou denke, jou benadering en prestasie ten opsigte van sport te kan verbeter.

Dis reg dit maak nie saak op watter vlak jy kompeteer nie, jou gedagtes speel 'n rol. Jy kan egter leer hoe om jou gedagtes en emosies meer effektief te gebruik om jou prestasie te verbeter. Die skep van 'n sterker emosionele houding sal meer as net jou sportprestasie baat, en kan ook op baie ander gebiede van jou lewe ‘n impak he.

Wat kan jy verwag:

  • Hoe om jou gedagtes en emosies te gebruik om jou prestasie effektief te beinvloed
  • ‘n Gewaarwording van jou Selfspraak en die skep van meer effektiewe interne kommunikasie.
  • Hoe om negatiewe ingesteldheid en oortuigings te oorkom
  • Tegnieke vir die effektiewe hantering van stress.

Wie moet dit bywoon?

Atlete, afrigters, ouers, bestuurders, enigiemand wat wil tegnieke leer om hul gedagtes en emosionele benadering tot sport te verbeter.

Datum: Donderdag - 8 Desember 2016 (10:00 tot 14:00)

Plek: Laerskool Paarl Gimnasium - Klubhuis

Standard Koste: R 300-00 per persoon

Vir meer informasie of Registrasie kontak Paula Rossouw kliprug@mweb.co.za of  Bennie Louw by 082 729 8899.

Ja, ek stel belang.